Resepte

Bobotie met oond-geroosterde perskes

(4 – 6 porsies)

  • 2 uie, grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 50 ml olyfolie
  • 15 ml masala
  • 15 ml fyn koljander
  • 30 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 1 kg bees-maalvleis
  • 1 blik (400 g) tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 perskes, gehalveer en pitte verwyder
  • 60 ml bruinsuiker
  • 50 ml melk
  • 3 eiers
  • 4 lourierblare

Verhit oond tot 180 ˚C. Braai uie en knoffel saam in olyfolie in ‘n warmpan totdat dit begin verbruin. Voeg al die speserye by en braai vir nog 5 minute.Voeg maalvleis by en braai tot gaar en opgebreek, sowat 10 minute. Voeg tamaties by, geur met sout en swartpeper, verlaag hitte en prut vir 25 – 30 minute. Braai perskes terwyl vleis prut: Verhit riffelpan tot baie warm, doop elke perskehelfte in bruinsuiker en plaas op warm pan met gesnyde kant na onder. Braai vir 5 – 8 minute of totdatsuiker gekaramelliseer is. Bak verder in oond vir 10 minute of tot sag. Plaas vleis-en-tamaties in oondvaste bak. Meng melk en eiers goed en gooi oor. Druk lourierblare in en bak vir 15 – 20 minute of totdat bo-laag gestol is. Sit warm voor met perskes.

  • aaudyyel

    kvdngf hpqyjqmyfuyr, [url=http://tixlfkgrlqfa.com/]tixlfkgrlqfa[/url], [link=http://qqdzqkpmfqbc.com/]qqdzqkpmfqbc[/link], http://hhblxhcdxjlb.com/