Resepte

Bockwurst-en-aartappelwarmslaai

(4 porsies)

  • 4 bockwürste
  • 1 rooi ui, in skywe gesny
  • 700 g klein aartappeltjies
  • 30 ml olyfolie
  • 15 ml korrelmosterd
  • 2 knoffelhuisies, in skyfies gesny
  • 1 sakkie bronkors
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Kook die aartappeltjies en sny in die helfte wanneer gaar. Gooi dadelik die slaaisous (resep hieronder) oor die warm aartappels. Terwyl die aartappels kook, dompel die worse in ’n kastrol met kookwater, haal af van die plaat en sit ’n deksel op. As jy die worse kook, kan hulle oopbars. Die bockwurst hoef net vir so 5 minute in die kookwater te wees. Braai intussen die uie in die olyfolie saam met die knoffel en korrelmosterd. Sny die bockwurst in dik skywe en meng alles saam met die bronkors.

Slaaisous

  • 10ml heuning
  • 60ml olyfolie
  • 20ml korrelmosterd
  • sap van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Sit voor saam met
Vars broodrolletjies – net soos die Duitsers dit sal doen.