Resepte

Bone-en-salami-slaai

(6 porsies)

  • 2 x 400 g-blikke swartoogertjies
  • 245 g gemarineerde geel en rooi soetrissies
  • 80 ml olyfolie
  • sap van halwe suurlemoen
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • ’n hand vol vars roketblare
  • 250 g salami-skywe

Dreineer die bone in ’n vergiettes en spoel goed af. Meng nou al die bestanddele behalwe die vars roket en salami, en geur met sout en swartpeper. Maak toe met kleefplastiek en laat vir sowat 1 uur in die yskas staan. Meng die salami en vars roket net voordat jy die slaai voorsit.

Wenk
Sny chorizo-wors in blokkies en braai in ’n bietjie olyfolie. Meng die gebraaide wors in die slaai in plaas van die salami.