Resepte

Boontjie-&-lamskenkel-sop (maal op sy eie)

(6 porsies)

  • 700 g kort gesaagde lamskenkels
  • meel
  • 1 ui, fyngekap
  • 3 huisies knoffel, fyngekap
  • 2 selderystokke, in blokkies gesny
  • 3 groot wortels, in blokkies gesny
  • olyfolie
  • 2 liter vleisaftreksel
  • 2 lourierblare
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 3 blikke borlotti-bone
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Rol die lamskenkels in ’n bietjie meel. Skud die oortollige meel van die skenkels af. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot kastrol. Braai die skenkels tot bruin. Haal die skenkels uit die kastrol en braai die knoffel, seldery en wortels vir so 10 minute tot sag. Sit die skenkels terug by die groente en voeg dan die vleisaftreksel, lourierblare, geblikte bone en geblikte tamaties by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Kook nou vir minstens 6 ure – of verkieslik stadig oornag.


Bedien saam met
Omdat die boontjie-en-lamskenkel-sop so vullend is, sal vars brood en botter genoeg wees.