FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Resepte

Botter-platbrood, oftewel roti’s!

Dis ’n Indiese brood, bekend as paratha of roti’s. Dit beteken lagies gaar deeg.

genoeg vir 12

• 250 ml water
• 90 ml olyfolie
• 5 ml sout
• 20 ml nigellasaad (black onion seeds) of komyn
• 460 g (1 000 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol
• 115 g (125 ml) botter, gesmelt

Verhit oond tot 220 °C. Plaas water, olie, sout en saad in middelslag-mengbak.

Roer met houtlepel terwyl jy meel geleidelik byvoeg tot deeg ’n stywe, kniebare vorm het. Knie 5 – 8 minute op meelbestrooide werkvlak of tot deeg glad en elasties is. Plaas in skoon bak wat met olie gesmeer is en laat rus 30 minute op warm plek.

Rol deeg op meelbestrooide werkvlak uit tot 3 mm dik. Verf hele stuk deeg met botter. Rol deeg op in ’n lang deegwors. Sny wors in 12 stukke. Rol elke stuk in vry vorm uit op ’n meelbestrooide werkvlak tot sowat 3 mm dik. Verhit kleefvrye braaipan tot matig warm en braai deegvorms met bietjie olyfolie tot goudbruin en gaar, sowat 5 minute per kant.

Sit gaar brood voor saam met lam of kerrie.

Kyk nou

Rol roti’s só uit