sr1010kos_11_
Resepte

Botterskorsie en feta pizza

(4 – 6 porsies)

Groente smaak heerlik op pizza. Jy kan ook gebraaide spek bysit.

  • 500 g botterskorsie, in blokkies gesny
  • 45 ml olyfolie
  • 1 x deeg vir kors (vinnige deeg vir kors)
  • meel vir uitrol
  • 1 x tamatie-smeersous (tamatie-smeersous)
  • 120 g vars mozzarella-balle (bocconcini), grofgebreek
  • 4 wiele feta
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • hand vol basiliekruid

Verhit oond tot 220 ˚C. Plaas botterskorsie in ‘n oondpan en sprinkel olyfolie oor. Rooster vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en sag.Verdeel deeg in 4 ewe groot balle. Sprinkelmeel op werkoppervlak. Rol deeg met ‘n koekroller tot ronde vorms van sowat 5 mm dik met ‘n deursnee van 15 cm. Plaas op bakplaat wat gespuit is met kleefwerende sproei en smeer tamatie-smeersous op elkeen. Verdeel mozzarella-stukke tussen pizzas gevolg deur gaar botterskorsie.Krummel feta oor. Geur goed met sout en swartpeper. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar. Sprinkel basiliekruid oor en sit warm voor.