Resepte

Botterskorsie-en-kaneelsop

(4 – 6 porsies)

  • 700 g botterskorsie, skoongemaak en in 1 cm-skywe gesny
  • 45 ml olyfolie
  • 15 ml fyn kaneel
  • 45 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 10 ml vars gemmer, gerasper
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 220 °C. Plaas botterskorsieskywe op bakplaat en sprinkel olyfolie en kaneel oor. Bedek met tinfoelie en sit in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute of tot sag.Verhit botter in pot en voeg ui, knoffel en gemmer by. Braai liggies vir 2 minute.Voeg aftreksel en ⅔ van gaar botterskorsie by. Bring tot kookpunt en laat vinnig kook vir 5 minute.Haal van die plaat af en verwerk in voedselverwerker tot gladde puree.Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor met oorblywende gaar botterskorsie.