Resepte

Botterskorsies toegedraai in spek

(6 porsies)

  • 4 klein botterskorsies, in kwarte gesny en skoongemaak
  • 1 x 250 g-pakkie spek
  • 1 hand vol tiemie
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 80 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 g aspersies, in kookwater gedompel tot sag
  • 100 g wilde roket

Verhit oond tot 180 ˚C. Draai botterskorsie toe in spekrepies. Plaas in oondpan. Gooi tiemie, knoffel en olyfolie oor. Geur goed met sout en swartpeper. Draai toe in tinfoelie. Oondrooster vir 30 – 45 minute of tot pampoen sag en gaar is. Halveer aspersies in die lengte. Plaas pampoen op bord saam met aspersies en roket. Sit voor met slaaisous van jou keuse.