Resepte

Brandrissie hoenderlewer bruchetta

Hoe maak jy ‘n bruchetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.


Brandrissie hoenderlewer bruchetta

Gebruik 200g hoenderlewers vir 6 porsies. Rol elke lewertjie in meel. Maak 15 ml botter en 30ml olyfolie warm in ’n pan. Braai die lewers saam met 3 fyngedrukte vars knoffelhuisies en 3 fyngekapte rooibrandrissies. Braai die lewertjies sowat 3 minute aan elke kant. Geur met sout en peper. Haal uit en laat dit afkoel. Gooi 50ml olyfolie oor en meng dit met ’n handvol grofgesnyde Italiaanse pietersielie, en sit dit op die brood.