Resepte

Brandrissie-salsa

  • 45 ml / 3 eetlepels olyfolie
  • 2 klein uie, fyngekap
  • 6 huisies knoffel
  • 2 rooi brandrissies, fyngekap
  • 2 stokke seldery, fyngekap
  • 4 tamaties, pitte verwyder en in blokkies gesny
  • sap van 1 lemmetjie
  • sout en peper na smaak

Braai die groente in ’n pan oor stadige hitte vir so 5 minute tot sag. Jy kan ’n bietjie water byvoeg om te help dat die groente sag word. Voeg die lemmetjiesap by en geur met sout en peper.