Resepte

Brioche-roomysbroodjies

(4 – 6 porsies)

  • 80 ml botter
  • 100 ml strooisuiker
  • 6 sjokolade-brioche-rolletjies
  • 500 ml roomys van jou keuse
  • 125 g bessies van jou keuse

Verhit braaipan tot warm. Voeg botter en strooisuiker by en meng tot begin karamelliseer, sowat 3 minute. Sny rolletjies in helfte en plaas gesnyde kant na onder in pan. Laat stadig braai vir sowat 3 minute of tot goudbruin. Verwyder en laat afkoel. Skep balle roomys en plaas tussen twee gebraaide brioche-helftes. Sit voor met bessies.

Wenk:
As jy nie brioche kan kry nie, gebruik enige ander soetbrood soos genoemde Paasbolletjies of croissants.