Resepte

Broodslaai met aspersie en bokmelkkaas

(4 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 80 ml botter
  • 160 g brood, in growwe stukke gebreek
  • 130 g roketblare
  • 120 g aspersies, in kookwater gedompel
  • 4 tamaties, in skywe gesny
  • 100 g bokmelkkaas,
  • 50 g parmesaan-kaas
  • 50 g kappertjiesaad
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie en botter tot warm in ‘n middelslag-pan. Voeg broodstukke by en braai vir 3 – 5 minute of tot goudbruin en bros. Plaas roketblare in opdienbord. Pak aspersies, tamaties en bokmelkkaas op slaai. Sprinkel gebraaide brood oor. Sprinkel parmesaan en kappertjiesaad oor. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.

Wenk:
Jy kan ook gebraaide hoender of lamsblokkies bysit.