FOTO Donna Lewis
Bros paprika tjips

FOTO Donna Lewis Bros paprika tjips

Resepte

Bros paprika-tjips

genoeg vir 4

• 4 groot aartappels
• varsgemaalde swartpeper en sout
• 45 ml gerookte paprika

Gebruik ’n mandolien of baie skerp mes en sny aartappels in papierdun skyfies met skil aan. Hou die skyfies in water terwyl jy die res sny om te keer dat aartappels bruin verkleur. Spuit mikrogolfbestande bakpapier goed met kleefwerende kossproei en pak aartappels bo-op. Sprinkel sout en peper oor. Verhit in mikrogolfoond op Hoog vir 2 – 3 minute of tot aartappels bruin en bros raak. Herhaal tot al die aartappels op is. Sprinkel paprika oor en sit voor met mayonnaise van jou keuse.