sr1006vis.kalamari
Resepte

Brosgebraaide baba-calamari

4 porsies

• 6 snye witbrood
• 10 ml gekapte origanum
• 140 g (250 ml) koekmeel
• 600 g baba-calamari-buise en/of -voelers, skoongemaak
• 3 eiers, liggies geklits
• sonneblomolie vir diepbraai
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• slaaiblare van jou keuse
• 2 suurlemoene, in skywe gesny

Verhit jou oond tot 180 ˚C. Plaas brood op ‘n bakplaat en rooster tot bruin en droog – so 20 minute. Verwerk tot fyn krummels in ‘n voedselverwerker. Meng origanum en meel. Rol calamari in meelmengsel, dan in geklitste eier en laaste in die broodkrummels. Verhit olie tot baie warm en braai calamari tot goudbruin en bros – sowat 5 minute. (Toets eers: As jy een stukkie ingooi en die olie borrel vinnig, is dit reg.) Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor met slaai en suurlemoenskywe.

Wenk
As jou viswinkel babacalamari met voelers aan het, braai jy hulle op dieselfde manier.