Resepte

Bruschetta met feta-kaas, tamatie en murgpampoentjie

4 porsies
Spoel 700 g murgpampoentjies goed af en sny in sowat 2 cm-skywe. Halveer 400 g klein rosa-tamaties. Verhit 40 ml olyfolie in ’n pan en voeg groente en 2 fyngekapte knoffelhuisies by. Braai tot groente sag is. Geur met sout en peper. Rooster 4 snye Portugese brood. Krummel 2 sirkels feta-kaas by die groente en skep bo-op brood. Sit bruschetta onmiddellik voor.