sr1108weeks_etes_7_
Resepte

Bruschetta met maalvleis en sagte eier

(6 porsies)

  • 2 Franse brode (baguettes), in die lengte gehalveer
  • 60 ml botter
  • 6 eiers
  • 60 ml witasyn
  • 1 x bolognaise-basisresep

Verhit ’n riffelpan tot vuurwarm – die rook moet letterlik daaruit draai. Verdeel elke baguette-helfte in 3 porsies. Smeer broodporsies met botter en braai in warm pan tot goudbruin en bros. Bring ’n pot met water tot kookpunt en voeg asyn by. Draai temperatuur af tot water prut. Breek eiers een vir een by en laat stadig posjeer, sowat 3 – 5 minute vir sag.Verdeel bolognaise tussen geroosterde brood gevolg deur ’n gaar eier. Sit warm voor met slaai van jou keuse.
lasagne

Wenk:
Nie lus om eiers te posjeer nie? Saggekookte of roerbraai-eiers werk net so goed.