Resepte

Bruschetta

  • 1 suurdeegbrood
  • vars knoffelhuisies
  • olyfolie

1 Sny brood in snye.

2 Verhit ’n riffelpan tot baie warm en plaas ’n sny brood in die pan. Druk effens plat met eierspaan en rooster.

3 Draai om en rooster aan die ander kant. Lig uit die pan.

4 Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor brood.

5 Sprinkel klein bietjie olyfolie oor.