sr1112kos_7_
Resepte

Brusselse spruite met spek

(6 porsies)

  • 800 g Brusselse spruite, gehalveer
  • 45 ml botter
  • 45 ml olyfolie
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 250 g spek, grofgekap

Bring ’n pot met water tot kookpunt en dompel Brusselse spruite in water. Laat 30 sekondes kook in warmwater en dreineer.Verhit olyfolie en botter tot warm oor matige hitte.Voeg uie en knoffel by. Braai vir 1 minuut. Voeg spek by en braai vir 3 – 5 minute of tot goudbruin en bros. Voeg spruite by en braai vinnig vir 1 minuut. Geur goed met sout en peper. Sit warm voor.