sk1003sokker01
Resepte

Bunny chow

(4 porsies)

  • 30 ml sonneblomolie
  • 1 kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny
  • 1 ui, grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 ml vinkelsaad, gestamp met stamper en vysel
  • 10 ml komyn
  • 10 ml koljander
  • 15 ml garam masala
  • 5 ml fyn kaneel
  • 3 ml gemmer
  • 3 kardemompeule
  • 1 ml droë brandrissievlokkies
  • 15 ml borrie
  • 1 blik (410 g) gekapte tamaties
  • 1 blik (400 ml) klappermelk
  • sap van 1 suurlemoen
  • 250 ml water
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 witbrode, om voor te sit

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in oondkastrol. Braai vleis bietjie-bietjie en hou eenkant. Gebruik nog ‘n bietjie olie (indien nodig) en braai ui tot sag en deurskynend. Voeg knoffel en al die speserye by. Braai vir so een minuut. Voeg geblikte tamatie, klappermelk en suurlemoensap by. Voeg vleis en water by. Geur met sout en swartpeper. Plaas vir so 2 uur in warm oond totdat vleis lekker sag is. Hou dop – as die vloeistof wegkook, kan jy nog water byvoeg. Halveer brode en hol hulle uit. Skep van die kerrie in en sit ‘n halwe gevulde brood per persoon
voor, met atjar en blatjang.

WENK

Die vleis moet liefs by kamertemperatuur wees wanneer jy dit begin braai. Daar sal dan nie so baie vleissappe uitbraai nie.

Om te drink: ‘n eg suid-Afrikaanse bier soos Castle.

  • W. Strydom

    Die is absoluut heerlik, veral op koue wintersaand. Los die rissie as manlief en kroos nie van warm kossies hou nie!

  • Wim BEUKES

    Hierdie is die beste Kerrie ooit. Kry dit net nie warm genoeg!!! Enige voorstelle??