Resepte

Caipirinha

(1 drankie)

  • 1 lemmetjie, in kwarte gesny
  • 20 ml gomm (suikerstroop)*
  • 35 ml wit rum

Kneus die lemmetjie-kwarte in die gomm en voeg fyngebreekte ys en die rum by. Skink in ‘n koeldrankglas.

* Bring ’n koppie water tot kookpunt en voeg ’n koppie suiker by. Roer oor medium-hitte totdat die suiker opgelos is en die stroop effens verdik. Gooi oor in ’n bottel.