Resepte

Calamari met brandrissies en roketslaai

4 porsies

  • 1 kg calamari-tentakels en -buise
  • 4 rooi brandrissies, pitte verwyder en in lang repe gesny
  • sowat 50 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • vars roket
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die olyfolie in ’n groot pan tot baie warm. (Daar kan so ’n rokie begin trek.) Braai die calamari en brandrissie saam vir sowat 10 minute. Haal van die stoof af en gooi die suurlemoensap oor. Geur met sout en swartpeper. Laat afkoel. Sit ’n bietjie vars roket in klein bakkies en sowat 3 tentakels en 3 calamari-buise bo-op. Jy kan nog ’n bietjie olyfolie bo-oor gooi.

 

Om te drink
O, hoe heerlik is ‘n gehoute chardonnayy nie hierby nie! Jordan, De Wetshof, Graham Beck … die keuse is joune.