Resepte

Caprese-slaai met borlotti-bone

(2 porsies)

  • 4 groot rosa-tamaties, gehalveer
  • olyfolie
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 300 g sagte mozzarella-kaas
  • 1 blik (400 g) borlotti-bone, gedreineer
  • hand vol vars basiliekruidblare, grof geskeur

Bedruip die tamaties met ‘n bietjie olyfolie op ‘n bakplaat, geur met sout en swartpeper en rooster vir sowat 15 minute teen 200 °C. Laat tot by kamertemperatuur afkoel. Rangskik die tamaties, mozzarella-kaas en bone op ‘n opdienbord. Sprinkel nog olyfolie oor en strooi die basiliekruidblare oor. Geur met sout en swartpeper.