Resepte

Cecilia van den Berg se trifle resep

  • 2 sponskoeke
  • medium soet sjerrie
  • 250 g mascarpone kaas
  • 1 l Ultramel toffie vla
  • 250 ml dik room
  • 250 ml room
  • 800 g vars aarbeie
  • 800 g vars ryp vye
  • 2 blikkies ontpitte swartkersies
  • 100 g pistacio neute (of as jy kan kry: ‘yogurt covered cashew nuts’)

Resep:

Sny die sponskoeke om lae te pak. Bedruip die sponskoek met genoeg sjerrie sodat dit nat en geurig is. Meng die toffievla en die mascarpone kaas saam tot glad. Smeer vlamengsel bo-oor sponskoek. Pak die aarbeie, kersies en gehalveerde vye bo-op die vlamengsel. Skep hompe dik room tussen die vrugte in. Sprinkel die neute tussen die vrugte. Herhaal nog ‘n laag. Klop die room styf en eindig met die styf geklopte room bo-op. Versier met ‘n paar dun gesnyde vye skywe. Verkoel in die yskas vir minstens 8 ure.

En voila: gaste wat dink jy’s SA se nuutste Nigella!