skm1005naweek.chakalaka
Resepte

Chakalaka-eiers

(genoeg vir 4 manne)

  • 4 blikke (410g elk) matige chakalaka
  • 12 eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100g gerasperde cheddarkaas

Gooi die chkakalaka in ‘n vierkantige metaalbak en verhit oor hoë hitte tot kookpunt. Breek dan eiers in die chakalaka en bedek bak met foelie. Laat kook totdat die wit van die eiers gestol is. Geur met sout en peper en sprinkel kaas oor.