Resepte

Chardonnay coq-au-vin

8 porsies

  • 2 hoenders in stukke gesny
  • 1 bottel witwyn (chardonnay – natuurlik!)
  • 3 lourierblare
  • 3 takkies vars tiemie
  • 250 g repie-spek
  • 4 eetlepels botter
  • 250 g wit sampioene
  • 5 ml olyfolie
  • 30 g koekmeel
  • 1 liter hoenderaftreksel
  • 125 ml brandewyn
  • 20 klein uitjies
  • 10 ml tamatiepuree
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Marineer die hoenderstukke, witwyn, lourierblare en tiemie in ’n groot bak. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Bedek met kleefplastiek en marineer oornag in yskas. Smelt 1 eetlepel van die botter in ’n groot kasserol en braai spek tot bros. Haal uit en smelt nog ’n eetlepel botter in dieselfde kasserol. Braai die sampioene in die botter vir sowat 5 minute en geur met sout en swartpeper. Haal die sampioene uit die kastrol. Dreineer hoender van die wynmarinade (hou die marinade), maak droog met kombuispapier en geur met sout en swartpeper. Smelt die res van die botter en die olyfolie saam, steeds in dieselfde kasserol. Braai die hoenderstukke bruin. Voeg meel by en meng. Gooi die hoenderaftreksel en brandewyn by. Voeg nou die wyn-marinade, klein uitjies, sampioene, spek en tamatiepuree by. Plaas in voorafverhitte oond teen 180 °C vir sowat 2 uur.

Om te drink
Wat van, wel, chardonnay! De Wetshof se Bateleur of Stellenbosch Hills se lig gehoute chardonnay is heerlik. Andersins ‘n gehoute chenin blanc van Ken Forrester.