sk1003pasta06
Resepte

Chorizo-en-ertjie-sous

(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 4 chorizo-worse, in skywe gesny
  • 250 ml bevrore ertjies
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 x 500 g-pakke gnocchi

Verhit olyfolie in ‘n pan. Braai wors-skywe vir sowat 5 minute. Voeg bevrore ertjies en knoffel by. Braai vir nog 5 minute. Voeg room by en kook vir so 10 minute tot effens afgekook en verdik. Geur met sout en swartpeper. Kook gnocchi volgens aanwysing op pak. Dreineer en meng sous goed deur. Sit voor met gerasperde pecorino- of parmesaan-kaas.