sk1010frikkadel
Resepte

Christelle Otto se wen-frikkadelle

Wen-frikkadel!
(genoeg vir 8 mense)

  • 3 snye dik witbrood (korsies afgesny)
  • 125 ml karringmelk
  • 1 eier
  • 1 kg maer beesmaalvleis
  • 60 ml asyn
  • 15 ml worcestersous
  • 125 ml vars pietersielie, gekap
  • 1 ui, gerasper
  • 15 ml sout
  • 15 ml fyn koljander
  • 2,5 ml matige kerriepoeier
  • paar draaie varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Week brood in karringmelk en maak goed fyn. Voeg die res van die bestanddele
by en meng goed deur met ’n vurk. Maak 16 tot 20 frikkadelle. Pak in ’n gesmeerde oondbak (nie te styf teen mekaar nie) en bak vir 45 minute tot lekker bruin. Of maak ’n bietjie sonneblomolie in ’n braaipan
warm en braai die frikkadelle in twee sarsies stadig daarin tot gaar.

  • JOHAN

    EK GAAN DIT SOMMER VANNAD PROBEER, EK IS VERSLAAF AAN FRIKADELLE

  • C. Nigrini

    Ongelooflik lekker en bly ‘n wenner!!!

  • Daphne Smith

    Ek maak al 16jr die Kook & Geniet se frikkadelle. Ek het sommer gister bietjie op die website gekuier en gedink ek probeer ‘n keer hierdie weergawe. My man se kommentaar gisteraand was "Bliksem, Daf, hierdie frikkadelle is baie lekker"! My dag was gemaak en ek moes dit sommer met jul deel! My 7-jarige seuntjie wat altyd help sê egter hou nie daarvan om dit te help maak nie, want dit gaan so gou – die Kook & Geniet s’n moet mos nou eers in meel gerol word…. Ek kla nie, gou werk vir ‘n mamma!

  • ELSA OTTO

    EK IS OOK VERSLAAF AAN FRIKADELLE

  • Louise Smalberger

    Ek kon nog nooit lekker frikkadelle maak nie en hierdie resep het my gered. Gisteraand dit gemaak en nou is ek bly ek het dit dubbel gedoen – die res is in die vrieskas. Heerlik dankie.

  • Elizabeth Avenant

    Baie opgewonde om dit vanaand te maak! Sal more terugvoering gee!! ;-)