Resepte

Ciabatta sonder moeite

(8 – 10 snye)

  • 500g koekmeel
  • 500ml water
  • 1 pakkie (10 g) kitsgis
  • 10g sout
  • ekstra meel vir sif

Verhit jou oond tot 220ºC. Gooi al die bestanddele in die bak van ‘n elektriese menger. Gebruik die mengspaan (K-beater) en meng die beslag sowat 10 – 12 minute op volspoed totdat dit ‘n bal vorm in die middel van die menger. Los beslag in bak en maak toe met kleefplastiek. Laat rys op ‘n warm plek tot dubbel die volume vir sowat 30 minute. Sif ‘n dik laag meel op ‘n bakplaat wat gespuit is met kleefwerende kossproei. Keer deeg versigtig op die bakplaat uit. Vorm die deeg met jou vingerpunte in ‘n langwerpige brood. Plaas dadelik in die oond en bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar.

Wenk: Die deeg is baie loperig – jy kan dit nie met jou hande knie nie.

  • Mariet

    Wat ‘n wonderlike resep!
    Brood regtig sonder enige moeite gebak en dit is heerlik.
    Die Ciabatta bly vars vir ‘n paar dae (as jy die versoeking kan weerstaan) en verloor glad nie daardie nou-net-gebakte vars smaak nie.
    Ek bak die deeg ook sommer in ‘n gewone broodpan vir ‘n vinnige "toebroodjie-brood".

  • Lourette

    Ons gan defenitief die Ciabatta resep probeer. Dit sal seker lekker smaak met ‘n bordjie sop!

  • Roezan

    Die maklikste brood om te bak en elke keer ‘n sukses. Ek bak dit gereeld.