sr1204_hoofkos_3_
Resepte

Confit-eend met groenbone

 (6 porsies)

  1. 115 g growwe sout
  2. 6 knoffelhuisies
  3. hand vol vars tiemie
  4. 2 lourierblare
  5. 6 eendporsies, dye en boudjies
  6. 2 uie, fyngekap
  7. 500 ml eendvet
  • + swartpeper

Sit growwe sout,4 knoffelhuisies, helfte van tiemie, peper en lourierblare in vysel. Stamp saam tot goed gemeng en geurig. Sit eend in skoon bak en strooi soutmengsel oor. Plaas in yskas vir 6 uur of oornag.Verhit oond tot 140 °C. Spoel eendporsies onder lopende water af. Pak in oondpan. Strooi res van knoffel, uie en tiemie op eend. Gooi eendvet oor. Plaas in warm oond vir 3 uur of tot eend gaar is. Haal uit oond en laat effens afkoel. Verhit kleefvrye braaipan tot warm. Verwyder eendporsies uit vet en plaas velkant na onder in warm pan. Braai 3 – 5 minute per kant of tot alkant goudbruin en warm. Sit voor met groenbone.

Wenk

Jy kan die eend reeds 2 tot 3 dae voor jou kuier gaarmaak. Hou dit binne-in die vet in die yskas. Dit sal niks oorkom nie, want die vet seël en preserveer die eend.