sr1112kos_7_
Resepte

Confit-patats

(6 – 8 porsies)

  • 12 baba-patats, gehalveer
  • 3 knoffelhuisies
  • 2 kaneelstokke
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 x 500 g-blokke botter, gesmelt

Verhit oond tot 180 °C. Plaas patats, knoffel en kaneel in middelslagoondpan. Geur goed met sout en
swartpeper. Gooi botter oor en maak oondpan toe met tinfoelie. Plaas in warm oond en bak vir 2 uur toe.
Verwyder uit oond en toets of patats sag is. Skep uit botter en plaas in opdienbak. Sit warm voor.