sk1010designer4
Resepte

Connie se kolwyntjies met geklitste witsjokolade

(sowat 12 – 16 kolwyntjies)

  • 185 g (330 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 3 eiers
  • 80 ml sonneblomolie
  • 250 ml water
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 10 ml asyn

versiersel

  • 250 ml room
  • 300gwitsjokolade, fyngekap

Verhit oond tot 180 ˚C. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Klits suiker en eiers tot lig en romerig. Bring olie en water tot kookpunt. Terwyl jy klits, voeg warmwater en olie by eiers. Voeg vanielje en asyn by en meng goed. Vou droë bestanddele in. Voer kolwyntjiepannetjies uit met papierbakkies en spuit met kleefwerende sproei. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas
in warmoond. Bak vir 15 – 20 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel. Bring room tot kookpunt en gooi oor sjokolade. Roer tot gesmelt en glad. Laat afkoel tot koud. Gebruik nou ‘n elektriese klitser en klits tot dik en romerig. Skep lepels vol op kolwyntjies en versier met eetbare blomme soos gesiggies of viooltjies.