sr1107hoofkos_4_
Resepte

Crème Caramel

(6 – 8 porsies)

  • 150 g (190 ml) suiker
  • 80 ml water
  • 250 ml melk
  • 125 ml room
  • 4 eiergele
  • 2 eiers
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 75 g (95 ml) suiker

Verhit oond tot 160 °C. Bring 150 g suiker en die water in ’n middelslagpot tot kookpunt en laat vinnig vir 8 – 10 minute kook tot goue karamel vorm. Spuit ’n 15 x 10 cm-broodpan met kleefwerende kossproei. Gooi warm karamel onderin broodpan en laat staan tot gestol. Bring melk en room in ’n skoon pot tot kookpunt. Klits eiergele, eiers, vanieljegeursel en 75 g suiker saam tot lig en romerig.Voeg warm
melkmengsel by terwyl jy roer. Gooi hele mengsel deur ’n sif in broodpan. Plaas broodpan in oondbak en vul halfpad met warmwater. Bedek met tinfoelie en bak vir 50 – 60 minute of tot gestol soos jellie. Haal uit oond en sit in yskas om heeltemal af te koel. Keer versigtig uit en sit voor.