Resepte

Crème caramel

(2 porsies)

  • 100 g (120 ml) strooisuiker
  • 400 ml melk
  • 250 ml room
  • 1 vanieljepeul, in die lengte oopgesny (of 5 ml vanieljegeursel)
  • 125 g (150 ml) strooisuiker
  • 3 eiers
  • 3 eiergele

Smelt die 100 g strooisuiker in ’n swaarboompan tot dit karamelliseer. Gooi die karamel in ’n diep (sowat 10 cm) oondbak. Beweeg die bak totdat die bodem en deel van die kante bedek is met karamel. Laat afkoel. Verhit jou oond tot 180 °C. Gooi die melk, room en vanieljepeul in ’n kastrol. Bring tot net by kookpunt.

Klits die strooisuiker, eiers en eiergele saam. Verwyder vanieljepeul en gooi die warm melkmengsel stadig deur ’n sif by die eiermengsel. Meng goed. Gooi mengsel in die bak met karamel. Sit dit in ’n oondbak en vul met kookwater tot halfpad teen die bak op. Bak vir sowat 1 uur tot gestol. Die karamel sal nog effens drillerig wees. Haal uit en laat afkoel. Plaas in die yskas vir minstens 4 uur tot koud. Keer uit op ’n bord.