Resepte

SARIE KOOK! Croissant-perskepoeding met geblikte perskes

(6 porsies)

  • 1 x 410 g-blik RHODES-perske-helftes
  • 6 croissants
  • botter om croissants mee te smeer
  • 250 ml melk
  • 250 ml room
  • 4 eiers
  • 30 ml versiersuiker om bo-oor te sif

Verhit jou oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak van sowat 25 x 20 cm goed met botter. Dreineer perskes, maar hou die stroop. Kap perskes fyn. Verhit ’n pan en skep gekapte perskes en stroop in. Druk die perskes fyn terwyl dit kook. Halveer croissants en smeer met botter. Vul met gekookte perskes. Pak styf langs mekaar in oondbak. Klits melk, room en eiers saam. Gooi oor croissants. Sif versiersuiker bo-oor en plaas in warm oond. Bak vir sowat 30 – 40 minute tot mooi bruin. Sit warm voor.

  • Rene Kriel

    Klink heerlik

  • Lynette Vivier

    Baie dankie vir die resep. Ek wens net dit was moontlik om dit van die internet af te laai en in ‘n "folder" te stoor. Is daar enige raad van u kant af? Ek sal dit waardeer.
    Lynette

  • Theresa Lombard

    Het by my skoonsus in Bloemfontein geeet… heerlik!!