sr1009bistro10
Resepte

Croque-madame

(4 – 6 porsies)

  • 60 ml botter
  • 12 snye witbrood
  • 12 snye ham van goeie gehalte
  • 250 g emmental-kaas, gerasper
  • 6 geposjeerde eiers (so posjeer jy ‘n eier)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 °C.Smeer brood aan albei kante met botter.Maak toebroodjies met die ham en helfte van die kaas. Verhit ‘n riffelpan tot warm. Braai broodjies tot goudbruin en totdat die kaas gesmelt is, sowat 3 – 5 minute aan ‘n kant. Plaas broodjies op ‘n bakplaat en sprinkel die oorblywende kaas oor. Bak totdat kaas gesmelt is en sit voor saam met geposjeerde eier. Geur met sout en swartpeper. Jy kan ook tamatie en uie bysit. En sonder ‘n eier proe die broodjie net so lekker.

  • karen s

    Ek bly nou al vir 8 jaar in Parys, en hierdie is glad nie ‘n croque madame nie!

    Mens sit ‘n gebraaide eier bo-op, nie geposjeer nie…en dis net ‘n eenvoudige toasted broodjie met ‘n sny ham en ‘n sny emmental of gruyère kaas in.