Resepte

Danie de Wet se vissop

(8 -10 porsie)

  • 6 knoffelhuisies
  • 25 ml botter
  • 75 ml goeie olyfolie
  • 75 g elk vinkel, wortel, ui, prei en seldery, fyngekap
  • 25 g salotte, fyngekap
  • 300 ml droë witwyn
  • 150 ml droë rooiwyn
  • 120 ml Ruby-portwyn
  • 50 ml brandewyn
  • 225 g geblikte tamaties
  • 150 g tamatiepuree
  • ‘n 8 cm-reep lemoenskil
  • 15 ml bonekruid (savory), vars of  gedroog
  • 9 vars basiliekruidblare
  • 15 ml vinkelsaad, fyngestamp
  • 7,5 ml fyngestampte ster-anys
  • 15 ml vars dragon (tarragon)
  • 15 ml vars tiemie
  • 15 ml vars pietersielie
  • 2 lourierblare
  • 15 ml droë gemengde kruie
  • 1 kg vars visfilette (kabeljou, geelbek,  geelstert of stokvis)
  • 2 liter visaftreksel
  • 45 ml pastis (Pernod of Ricard)
  • 5 ml saffraan
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • rooipeper na smaak
  • aïoli om voor te sit
  • 5 krewe, vir 15 minute gekook en gehalveer (opsioneel)

Halveer 3 knoffelhuisies. Braai in pan  in botter en olyfolie met opgesnyde  groente vir 10 minute tot goudkleurig.  Voeg witwyn, rooiwyn, portwyn en  brandewyn by. Kook vir ‘n paar minute  sodat alkohol verdamp. Voeg tamaties,  tamatiepuree, lemoenskil, bonekruid,  3 basiliekruidblare, vinkelsaad, ster-  anys, dragon, tiemie, pietersielie, lourierblare en droë gemengde kruie by.  Sny vis in klein stukke en voeg by.  Kook vir 5 minute oor matige hitte.  Voeg visaftreksel* by totdat pan om-  trent vol is. Kook sonder deksel vir ‘n  uur. Sny oorblywende 3 knoffelhuisies  op en voeg saam met die pastis en  oorblywende basiliekruidblare by sop.  Kook vir 20 – 25 minute. Voeg saffraan  by net voordat dit klaar gekook is.
Verwyder grate.  Verwerk sop in voedselverwerker.  Gooi deur ‘n sif en maak seker al die  vloeistof is uit die reste gedruk. Gooi  weer deur ‘n sif in ‘n skoon pan. Verhit  en voeg sout en swartpeper na smaak by, asook net genoeg rooipeper om jou tong wakker te maak. Sit voor met aïoli* en croutons, en een helfte van ‘n gekookte kreef per persoon (as jy kan en wil).
*Visaftreksel

*Aioli