Resepte

Die lekkerste sjokoladesous

(6 porsies)

Bereiding 3 minute
Smelt 20 – 30 minute

  • 300 g nougat
  • 200 g melksjokolade
  • 250 ml room

Breek die nougat en melksjokolade in stukke. Gooi dit in ’n klein kastrol en voeg die room by. Plaas die kastrol oor baie lae hitte op die stoof. Stel die plaat op sy laagste verstelling en los dan die sous – roer so elke nou en dan. Ek begin gewoonlik die sous maak as die mense begin eet. Die lekker van die sous is dat dit taai word wanneer jy dit oor die roomys gooi. Jy lek behoorlik lippe af!