skm1005.steak.chips
Resepte

Die perfekte tjip

Skil jou aartappels en sit dit altyd in water. Dit voorkom dat hulle bruin raak. Gebruik so 2 grotes per porsie.

1. Sny die aartappels in skywe van 1cm dik en sny dan die skywe in tjips van 1cm dik.
2. Gooi die tjips in ‘n groot kastrol kookwater. Laat kook vir 8 minute en gooi die water af. Laat tjips afkoel.
3. Verhit kookolie in ‘n groot kastrol tot baie warm. Om te toets of die olie reg is, gooi 1 tjip in. As dit begin borrel, is dit reg. Gooi ‘n hand vol op ‘n slag in en braai vir 8 – 10 minute tot goudbruin. As jy te veel op ‘n slag ingooi, sal die tjips nie lekker bros braai nie.
4. Skep gaar tjips met ‘n gaatjieslepel op kombuispapier uit om te dreineer. Gooi sout en varsgemaalde peper oor warm tjips.