Resepte

Doen-dit-self-pavlova met roosroom en vars aarbeie

  • 4 eierwitte
  • 100 g (120 ml) strooisuiker
  • 10 ml wit asyn
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 2 ml pienk voedselkleursel
  • 250 ml vars room
  • 15 ml rooswater
  • 20 ml versiersuiker, gesif
  • 300 g vars aarbeie

Verhit oond tot 110 ˚C. Klits eierwitte in ’n groot glasbak tot sagte punte vorm. Terwyl jy klits, voeg strooisuiker stadig by. Hou aan klits tot styf en blink. Voeg asyn, vanieljegeursel en kleursel by. Meng goed. Skep klein hoeveelhede meringue op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Gebruik die agterkant van ’n lepel en smeer in dun, ronde sirkels. Bak vir 25 – 30 minute of tot heeltemal droog en bros. Laat afkoel. Klits room tot sagte punte vorm en voeg rooswater en versiersuiker by. Sit alles in individuele bakke, was die aarbeie en kyk hoe elke gas sy eie nagereg aanmekaar sit.

Om te drink
Jordan Rhine Riesling 2003