sr1202_hoofkos_7_
Resepte

Donkersjokoladekoek

(8 – 10 porsies)

  • 10 ml koffiepoeier
  • 250 ml kookwater
  • 320 g ligte bruinsuiker
  • 240 g bruismeel
  • 100 g kakao
  • 10 ml koeksoda
  • 5 ml kaneel
  • 2,5 ml sout
  • 2 ekstra-groot eiers
  • 250 ml karringmelk
  • 125 ml olie
  • 10 ml vanieljegeursel

Witsjokolade-versiersel

  • 140 g sagte ongesoute botter
  • 140 g versiersuiker, gesif
  • 100 g witsjokolade van goeie gehalte, gesmelt
  • 15 ml melk of room

Verhit oond tot 180 °C. Spuit 3 panne van 20 cm met kleefwerende kossproei en voer uit met bakpapier. Los die koffiepoeier in kookwater op en laat afkoel. Sif droë bestanddele saam. Meng nat bestanddele. Kombineer nat en droog. Verdeel beslag tussen koekpanne en bak in warm oond vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en laat effens afkoel. Keer koeke op afkoelrak uit en laat heeltemal afkoel.

Versiersel: Klop botter en suiker tot lig en romerig. Voeg witsjokolade en room by en meng goed. Sny bokante van koek netjies reguit met skerp mes. Plaas eerste laag op skoon bord en sit 1/3 van versiersel bo-op. Smeer netjies met slaplemmes. Herhaal proses tot al drie lae koek gebruik is. Eindig met laag versiersel. Sit voor.

Wenk
Jy kan self besluit of jy die koek wil versier. Liesl maak ’n tweede versiersel van Horlicks. Kry die resep
op sarie.com.

  • Jackie Jacobs

    Ek kry nie die Horlicks Versiersel van Liesl Herwig, Sarie Februarie 2012 en
    Karamelversiersel vir die Sjokolade Fudgekoek op julle webwerf nie.
    Hoe moet ek te werk gaan om dit op te spoor?

  • Sharon-Ann Goosen

    Jackie ek het hom opgespoor!

    Sjokolademout-versiersuiker (vir bo-op die koek):

    250 g sagte, ongesoute botter
    360 g versiersuiker, gesif
    10 ml vanieljegeursel
    80 g Ovaltine of Horlicks
    125g donkersjokolade van goeie gehalte
    70 ml room

    Klop die botter en versiersuiker tot lig en romerig. Voeg die vanielje en Horlicks by en meng goed. Smelt sjokolade, voeg by en meng goed. Voeg laastens die room by en meng goed tot gladde versiersuiker.

    Wenk: Die hoeveelheid versiersuiker is genoeg vir binne sowel as bo-op en buite-om die koek. Versier met Maltesers of Chuckles en sjokolade-vermicelli.

  • nike free run damen

    In which may possibly partnership without the need of love, it will likely be love without the need of partnership.
    nike free run damen http://www.nikefree3rundamen.com/

  • jeanstory

    True love may be weak within rise, even so matures much more with each passing year you’ll no doubt appropriately feasted. jeanstory http://www.voyoto.com/foot-c-10.html/