sr1007kos_04
Resepte

Duitse aartappel-en-bratwurst-sop

(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 4 grasuie, grofgekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 5 (500 g) aartappels, geskil en grofgekap
  • 3 takkies tiemie, gekap
  • 375 ml groenteaftreksel
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 30 ml botter
  • 2 bratwurst-worse, in ringe gesny

Verhit olyfolie in ‘n groot pot tot warm. Braai ui, grasuie en knoffel tot lig en deurskynend. Voeg aartappels by, verlaag die hitte en braai verder vir 10 minute. Voeg tiemie en aftreksel by en laat stadig prut totdat die aartappels sag en gaar is. Haal pot van plaat af en gooi room by. Verwerk tot ‘n gladde puree en geur goed met sout en peper. Smelt botter in ‘n warm pan en braai
wors tot goudbruin en gaar. Sit warm sop voor saam met gebraaide wors en tuisgebakte rogbrood. Bratwurst is tradisionele Duitse varkwors. As jy dit nie in die hande kan kry nie, kan jy ook iets soos chorizo-wors gebruik.