Resepte

Dun-en-bros-kors-pizza

(sowat 6 pizzas van 20 cm groot)

Jy benodig

  • 1 hoeveelheid pizza-deeg (sien verwante artikels)
  • tamatiesous (hoeveelheid 2)
  • sowat 200 g mozzarella-kaas, gerasper
  • 4 so 6 ansjovis-filette per pizza
  • 200 g swart olywe, ontpit
  • sowat 10 kappertjiesade per pizza
  • groot hand vol vars basiliekruidblare
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Volg die resep vir die deeg om jou pizza-basisse te maak. Verhit oond tot 240 ºC, en smeer tamatiesous bo-op die pizzadeeg. Sprinkel gerasperde mozzarellakaas oor. Rangskik ansjovis-filette, olywe en kappertjiesaad bo-op. Plaas in warm oond en bak vir 10 – 15 minute. Haal uit en sprinkel vars basiliekruidblare oor. Geur met swartpeper.