Resepte

Eiers gebak in bakkies

2 porsies

  • botter, om bakkies te smeer
  • 4 eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 60 ml room
  • 30 ml gerasperde pecorino-kaas

Verhit oond tot 200 °C. Smeer bakkies met botter. Plaas hulle op ’n bakplaat. Breek twee eiers in elke bakkie. Geur met sout en swartpeper. Verdeel room tussen bakkies en besprinkel met kaas. Bak vir sowat 20 minute tot gestol.