sr1110eenresept5etes_8_
Resepte

Ertjie-en-hoender-risotto

6 porsies

• 30 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 250 ml aborio-rys
• 250 ml witwyn
• 650 ml hoenderaftreksel
• 1 x gaar hoender, van been gevlok
• 125 ml room
• 200 g bevrore ertjies
• 50 g parmesaankaas, fyngerasper

Verhit olyfolie in groot, diep pan. Braai uie en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg rys by en braai vir nog 5 minute.Gooi wyn oor en laat stadig kook tot alles deur rys geabsorbeer is. Skep lepel vir lepel aftreksel by en roer goed ná elke byvoeging. Ná al die aftreksel bygevoeg is en rys klewerig lyk, voeg jy hoender by en bring weer tot kookpunt. Gooi room by en roer goed. Prut tot rys heeltemal gaar is en die mengsel ’n romerige tekstuur het. Voeg ertjies by en roer vir 2 minute. Verwyder van hitte en vou parmesaankaas by. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor met parmesaan-skaafsels.