Resepte

Ertjies

(6 porsies)

  • 85 ml botter
  • 1 kg bevrore ertjies
  • 125 ml hoenderaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • hand vol kruisement, fyngekap

Smelt botter in middelslagpan. Voeg ertjies by en braai vir 5 – 8 minute.

Voeg aftreksel by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 10 – 15 minute. Haal van plaat af en geur goed met sout en swartpeper. Druk fyn met vurk tot growwe mengsel. Voeg kruisement by en meng.

Sit voor saam met pastei.