Resepte

Ertjiesop (maal op sy eie)

(8 porsies)

  • 230 g (250 ml) gesplete droë ertjies
  • 2 liter water
  • 30 ml olyfolie
  • 500 g gerooktevark-repies, in blokkies gesny
  • 4 preie, in skywe gesny
  • 6 stingels seldery, in klein stukkies gesny
  • 10 ml sout en vars gemaalde swartpeper
  • 4 frankfurters in skywe gesny

Week die ertjies oornag in die water. Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die varkrepies vir so 10 minute tot effens bros. Voeg die preie en seldery by en braai vir sowat 5 minute. Voeg die geweekte ertjies met die water by en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Laat die sop minstens 4 – 5 uur lank oor ’n lae hitte kook. Hoe langer die sop kook, hoe lekkerder en dikker word dit. As die sop te dik word, kan jy nog ’n bietjie water byvoeg. Wanneer die sop reg is, voeg die frankfurters by.

Bedien saam met Frankfurters, croutons en nog bros gebraaide varkrepies.