skm1005forel.spek
Resepte

Forel gebak in foelie

(sowat 10 porsies)

  • 2 heel forelle, sowat 1kg elk
  • 250g repiespek (streaky bacon)
  • 2 suurlemoene, in skywe gesny
  • 20g vars salieblare
  • sowat 50g (60ml) botter, in blokke gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180°C. Sit ‘n groot stuk foelie (genoeg om 2 forelle toe te draai) in ‘n oondroosterbak. Sit so 2 stukke spek, suurlemoenskywe, van die salie en botter in elke vis. Geur met sout en peper. Sit ook spek en salie bo-op en draai die vis styf toe in die foelie. Plaas in warm oond vir 25 minute. Maak foelie oop en rooster verder vir nog so 5 minute.