Resepte

Forel geposjeer in witwyn

(4 – 6 porsies)

  • 90ml olyfolie (sien bl.122)
  • 1 bossie pietersielie, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 heel forel van sowat 1kg
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 500ml witwyn (‘n sauvignon blanc sal die ding doen)
  • 1 ciabatta-brood se snye
  • romerige mayonnaise om saam voor te sit

Verhit oond tot 180°C. Verhit olyfolie in ‘n pan en braai pietersielie en knoffel oor lae hitte tot sag. Plaas forel in ‘n oondbak en geur met sout en peper. Gooi wyn en pietersielie-knoffel-olie oor. Sit bak op ‘n oondplaat en bring wynsous tot kookpunt. Sit bak in warm oond vir 10 – 15 minute. Haal uit en laat vis afkoel. Rooster die brood. Trek die vis se vel af en gooi van die wynsous oor. Sit voor saam met mayonnaise.