skm1005forel.potjie
Resepte

Forel-roomsop

(4 porsies)

  • 50g (60ml) botter
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 selderystokke, in dun skywe gesny
  • 1 groot prei, in skywe gesny
  • 250g witsampioene, gehalveer
  • 450ml witwyn
  • 1 lourierblaar
  • 900g forel-filette, in groterige blokke gesny
  • 300g steurgarnale, doppe verwyder
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250ml room

Smelt die botter in ‘n diep pan. Braai knoffel, ui, seldery en prei saam tot sag. Voeg sampioene by en braai verder vir 5 minute. Voeg wyn en lourierblaar by en bring tot kookpunt. Voeg vis en steurgarnale by en geur met sout en peper. Kook tot vis en steurgarnale net-net pienk word (sowat 10 minute). Voeg room by en kook vir nog sowat 5 minute.