Resepte

Forel-terrien met brood

(6 porsies)

  • 400 g dun velle gerookte forel
  • 120 ml crème fraîche
  • 300 g roomkaas
  • 30ml mosterd
  • hand vol sprietuie (chives), gekap
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4velle gelatien
  • 60ml water

Ekstra lekkernye

  • 45ml olyfolie
  • 2knoffelhuisies, gekap
  • 24 steurgarnale, skoongemaak
  • hand vol pietersielie, gekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g baba-agurkies
  • 12 snyemelba-roosterbrood

Voer ‘n broodpan van sowat 11 x 21 cm uit met kleefplastiek. Voer nou pan uit met 300 g forel-velle (dit kan maar oor die rand hang).Meng crème fraîche en roomkaas. Voeg mosterd, uie, sap en skil van suurlemoen by.Geur goed met sout en swartpeper.Meng deeglik. Week gelatien in water tot sag. Sit in mikrogolfoond vir 10 sekondes of tot gesmelt. Voeg by roomkaasmengsel en meng goed. Skep helfte van mengsel in broodpan gevolg deur ‘n dun lagie forel (die oorblywende 100 g). Skep res van roomkaasmengsel bo-op.Vou forel wat oor rand hang oor mengsel. Plaas kleefplastiek op terrien. Sit ‘n leë broodpan op terrien en vul met water. Los oornag in yskas om te stol. Lekkernye: Verhit olyfolie in ‘n pan. Sit knoffel ook in pan en braai vir 5minute.Voeg garnale by en braai tot goudbruin en gaar, sowat 5 – 8 minute.Voeg pietersielie by en sap en skil van suurlemoen. Geur goed met sout en swartpeper.Keer terrien uit op ‘n opdienbord en sit voor saam met garnale, agurkies en roosterbrood.